Deo Valente Mission International

Bank: Absa Bank
Rachel de Beer Street,
Pretoria-North
Swift Code: ABSAZA JJ
Account: 90 7317 9493

Homepage - English Tuisblad - Afrikaans Mustard Seed Gennesaret Contact us

Mustard Seed Ministries is a ministry of Deo Valente Mission International. The Lord has given Deo Valente Mission a new vision according to Roman's 10:14-15 ... Click here for more info

Vacancies Available in Ministry ... Click here for more info ... download as MS-Word Doc

Wie en wat is Deo Valente Sending en Johan & Esther Lourens

Voorwoord

view my guestbook | sign my guestbook
get your free guestbook

Click here for our general response form

Deo Valente sending is gestig op Dindag 18 Junie 1990, na aanleiding van 'n visioen wat ek van die Here ontvang het na my motorongeluk op die 8 ste Junie 1990. Ek het my saak met die Here reg gemaak en belowe dat ek voltyds vir Hom sal werk. Die sending het klein begin deur ondersteuning aan gevangenis te verleen, verspreiding van nuusbriewe en geestelike literatuur. Die sending kon egter nie sy volle potensiaal bereik nie, as gevolg van verskeie faktore. In April 1997 is die hele organisasie geherstruktureer. Daarvandaan gaan die sending net van krag tot krag, en groei nog steeds.

Die herstrukturering en verandering deur God se Heilige Gees was op Sy volmaakte tyd en ten goede. Tans word nog steeds nuusbriewe uitgestuur, maar is ons ook meer betrokke by sendelinge in Mosambiek, asook die reël van uitreikaksies. Ons is ook betokke by verskeie projekte en word nuwe projekte van tyd tot tyd begin en oues afgegee aan die betrokke gemeenskap sodra die projek selfstandig en onafhanklik kan funksioneer. Ons is ook betrokke in berading en bevryding waar stukkende persone weer geheel word.

Gesag
Johan & Esther is as sendelinge uitgestuur. Ons funksioneer onafhanklik en inter- kerklik.

Finansiële Posisie
Ons is geloofs-sendelinge wat totaal afhanklik is van God se voorsiening vir al ons behoeftes. Geen salaris word ontvang nie en ondersteuning word verskaf deur kerke en individuele persone wat gelei voel om ons te ondersteun. Johan was deeltyds in sending vanaf 1990 tot 2000 en van 2000 is daar voltyds tot die bediening toegetree is.

Opleiding
Verskeie diplomas is verwerf en kursusse met goeie gevolg afgelê.

 1. Bybelskool opleiding en diplomas.
      • Terug-na-die-ou-paaie-Bybelskool
      • 21 ste Eeu Bybelkursus
      • Living in Christ Bible Study Correspondance Course.
         (Internasionaal-Billy Graham Evangelistic Association)
      • Mc Donald Road Bible School. (Internasionaal-Tennessee, VSA)

 2. Diploma in praktiese evangelisasie
      • Gospel Team Outreach Training School in samewerking met die AGS -Witrivier.
         (Nege maande opleidingsprogram)

 3. Ses Maande Sendingopleidingsprogram en Diploma
      • Operasie Mobilisasie

 4. Diploma in Christelike Bediening en Berading
      • Theologos School of Ministry. (Dr Sarel v/d Merwe)

 5. Jeugleiers Bediening en Sertifikaat
      • A.T.K.V.

 6. Georden Oktober 2006 as Pastore.

Waardes
  Om God te ken en Hom te verheerlik.
  Om onder die gesag van God se Woord te leef.
  Op ‘n inter-kerklike grondslag ons doelwitte te bereik.
  Om die Kerk hoog in ag te neem.
  Om die kennis wat ons in ons OM opleiding opgedoen het, asook ons vorige betrokkenheid by sending effektief aan te wend vir die uitbreiding van die koningkryk.
  Mense van integriteit te wees.
  Onvoorwaardelik te dien.
  Liefde en waardering vir mense.
  Evangelisering van die Wêreld.
  Globale intersessie.

As medewerker in die Koninkryk van God, BID  asseblief vir:
  Ons verhouding as man en vrou.
  Ons bediening; Administrasie, Mobilisasie, Uitreike, kinderbediening en gemeenskapsontwikkeling.
  Gebedsondersteuners en vir ondersteunende gemeentes.
  Die visie en onderskeiding van God se Wil.
  Ons beskerming en gesondheid.
  Voldoende fondse vir die bediening. Tans benodig ons die bedrag van R 8423.00 per maand om die sending suksesvol te laat funksioneer.
  Bid dat God in mense se harte sal spreek om die sending te ondersteun sodat Sy werk kan voortgaan.

Om ons te kontak:

Pos adres: Vlei Loerie Sekuriteits Oord, Wilkinson Straat 22, Kilnerpark, 0186, Suid Afrika

Woonadres: Vlei Loerie Sekuriteits Oord, Wilkinson Straat 22, Kilnerpark, 0186

Telefoon: 012 333-0655

Faks: 086 578-4546

Sel: +27 82 930-9889 / +27 083 460-6914

Webwerf: www.sachurchnet.co.za/missioncare

E–Pos:
Algemeen en Gebedsversoeke:
Logistieke Ondersteuning:
Gebedsversoeke:

Naam:

Verjaarsdag Datum:

Johan Lourens

23 Mei

Esther Lourens

4 September

Anneke Lourens

10 April

Jolene Lourens

19 Augustus

Simeon Lourens

25 Junie

Joshua Lourens

26 Junie


Onse kinders - Anneke 19, Simeon 8 maande, en Jolene 17

Mustard Seed Ministries


Click here for our
general response form


SA Church Net - linking local Christians City by City

Promote your site - FREE.